Study

NWT Graad 5: Tema 1

  •   0%
  •  0     0     0

  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: skilpad
    Gewerwelde en endoskelet
  • Noem 3 nie-lewende dinge wat 'n plant nodig het vir lewe.
    Grond, water en Sonlig
  • Wat is 'n endoskelet?
    Dit is 'n skelet wat binnekant die sier gevind word.
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: leeu
    grasvelde
  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: mier
    Ongewerwelde en eksoskelet
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: Anaconda slang
    Reënwoud
  • Noem 3 lewende dinge.
    Enige gepaste antwoord.
  • Watter tipe dier hoef nie te vervel nie?
    gewerwelde dier
  • Hoe help die sjirurgynvis die skilpad?
    Hy eet die mos van die die skilpad se dop af.
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: waterlelie
    Rivier
  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: bok
    Gewerwelde en endoskelet
  • Wat is 'n gewerwelde dier?
    'n Dier met 'n ruggraat.
  • Noem een nadeel van 'n eksoskelet.
    Diere moet vervel.
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: kaktus
    Woestyn
  • Wat is 'n ongewerwelde dier?
    'n Dier met geen ruggraat nie.
  • Watter twee voordele het 'n eksoskelet?
    Waterdig, beskerm en ondersteun.
  • Watter drie dinge gee 'n habitat vir plante en diere?
    Kos, water en skuiling
  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: naaldekoker
    Ongewerwelde en eksoskelet
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: kameel
    Woestyn
  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: hoender
    Gewerwelde en endoskelet
  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: spinnekop
    Ongewerwelde en eksoskelet
  • Wat is 'n habitat?
    Die plek waar 'n dier of plant natuurlik voorkom.
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: sebra
    Grasvelde
  • Wat is 'n eksoskelet?
    Dit is harde plate, laag of skulp buitekant die dier.
  • Noem een voordeel van 'n endoskelet.
    Die dier hoef nie te vervel nie.
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: Knysnaloerie
    Woud
  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: kriek
    Ongewerwelde en eksoskelet
  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: krap
    Ongewerwelde en eksoskelet
  • Hoe help die renostervoël ander diere?
    Hy eet die bosluise en maak hul op die manier skoon.
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: padda
    Rivier
  • Watter tipe dier moet vervel?
    ongewerwelde diere
  • Sê of die volgende dier 'n ongewerwelde- of gewerwelde dier is EN of dit 'n ekso- of endoskelet het: vis
    Gewerwelde en endoskelet
  • Noem 2 plekke op jou kop waar jy kraakbeen kry.
    ore en neus
  • Wat beteken die woord interafhanklikheid?
    Twee of meer dinge wat op mekaar staat maak.
  • Wat beteken die woord inheems?
    Dit is 'n plant of dier wat nog altyd in 'n sekere gebied voorgekom het.
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: ysbeer
    Toendra
  • Wat beteken die woord biodiversiteit?
    Dit is die verskeidenheid diere en plante op Aarde
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: aalwyn
    Woestyn
  • In watter habitat sal jy die volgende dier of plant vind: Visarend
    Rivier / dam ens.