Study

Afrikaans Graad 5

  •   0%
  •  0     0     0

  • Wat noem ek 'n boek wat geskryf is deur 'n bekende persoon oor sy eie lewe?
    Autobiografie
  • Watter tipe woord is: derde
    Telwoord
  • Hoekom word Suid-Afrika met 'n koppelteken geskryf?
    Dit bevat 'n rigting en 'n plek se naam.
  • Wat beteken hierdie idioom?
    Gou kwaad raak.
  • Wat is die verkleinwoord van: vrugteslaai
    vrugteslaaitjie
  • Wanneer noem ons iemand 'n babbelkous?
    As iemand baie praat.
  • Grasgroen, bloedrooi is voorbeelde van ...
    Intensiewe vorme
  • Wat is 'n 'waitress' in Afrikaans?
    kelnerin
  • Wat is 'n soortnaam?
    Iets waaraan jy kan vat of sien.
  • Wat noem ek die laaste paragraaf van 'n opstel?
    Slot
  • Wat beteken: Die oortjies van die seekoei?
    Dis net 'n gedeelte van die waarheid.
  • Hoeveel lettergrepe het hierdie woord: klasonderwyseres
    6
  • Wat is die mooi Afrikaanse woord vir 'chips'?
    aartappelskyfies
  • Maak twee sinne met die woord 'storm'.
    Jy storm op my af. Daar is 'n storm daar buite.
  • Spel die verkleinwoord van horing.
    horinkie
  • Klasonderwyser is 'n voorbeeld van 'n ...
    Samestelling
  • Spel die Afrikaanse woord vir 'champagne'?
    sjampanje
  • Wat is 'hide and seek' in Afrikaans?
    wegkruipertjie
  • Voltooi die vergelyking: So warm soos 'n ...
    vuur
  • Spel die woord 'intirisant' korrek.
    interessant
  • Watter tipe sin is hierdie: Eina!
    Uitroepsin
  • Vorm 'n samestelling met die woorde dier en geluid.
    dieregeluid
  • Wat is die antoniem van terneergedruk?
    Vrolik
  • Wat is die korrekte spelling vir China in Afrikaans?
    Sjina
  • Woorde wat meer as een betekenis het.
    Homoniem
  • Wat noem ek die kolletjies op die e van die woord: reën
    Deeltekens
  • Wat is fout in hierdie sin: Het jy die tjips in die yskas gebere?
    gebêre
  • Hoeveel lettergrep het die woord: klanknabootsing
    4
  • Wat noem ek die teken in hierdie woord: foto's
    Afkappingsteken
  • Name van mense en plekke is 'n ...
    Selfstandige naamwoord of 'n Eienaam
  • Voltooi die vergelyking: So dun soos 'n ...
    plank
  • Gee die antoniem vir 'krom'.
    reguit
  • Watter tipe woord is 'met' in hierdie sin: Ons gaan saam met julle.
    voorsetsel
  • Watter tipe sin is hierdie: Ek is vinnig.
    Stelsin
  • Verander die volgende sin na indirekte rede: Sannie sê: "Ek het gister geswem by my vriend."
    Sannie sê dat sy die vorige dag by haar vriend geswem het.
  • Noem die 3 tipes bywoorde.
    Bywoord van tyd, wyse en plek
  • Wat is fout in hierdie sin: Ek gaan die beste dag ooit het.
    Ek gaan die beste dag ooit hê.
  • Wat is die trappe van vergelyking vir baie?
    baie, meer, die meeste
  • Wat is verkeerd in hierdie sin? Jannie is stok doof.
    Stokdoof is een woord.
  • Wat is die intensiewe vorm van maer?
    brandmaer
  • 'n Woord wat 'n selfstandige naamwoord beskryf is 'n ...
    Byvoeglike naamwoord
  • Gee 4 woorde wat rym met kas.
    matras, pas, bas, kwas, las, enige ander rymwoord.
  • Maak twee sinne met die woord kus.
    Ons bly langs die kus. Die meisie kus die seun.
  • Wat beteken: Daar's 'n slang in die gras.
    Daar is iets fout.
  • Gee 'n sinoniem vir groot.
    Enorm
  • Woorde met teenoorgestelde betekenisse.
    Antoniem
  • 'n Swerm bye is 'n ...
    Versamelnaam
  • Wat noem ek die strepie in hierdie woord: sit-sit
    Koppelteken
  • 'n Woord met 'n voor- of agtervoegsel word 'n ... genoem.
    afleiding
  • Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
    So siek soos 'n hond. Baie siek wees.
  • Spel die verkleinwoord van 'man'.
    mannetjie
  • Wat is die voorwerp in die sin: Die hoender kekkel vir die hond.
    die hond
  • Watter tipe sin is hierdie: Wat maak jy?
    Vraagsin
  • Woorde met dieselfde betekenis.
    Sinoniem
  • Gee 'n voorbeeld van klanknabootsing in 'n sin.
    Enige gepaste voorbeeld.
  • Wat is fout met hierdie sin: Jannie vra, "Wat gaan aan?"
    Jannie vra: "Wat gaan aan?" (dubbelpunt)
  • Waarvoor staan die afkorting: SAPD
    Suid-Afrikaanse Polisie Diens
  • Wat is die meervoud van kas?
    kaste
  • Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: hier
    daar
  • Spel die woord 'krokkidil' korrek.
    krokodil
  • Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: gister
    die vorige dag
  • Woorde wat dieselfde klink, maar verskillend gespel word.
    Homofoon
  • Kies die korrekte spelling: Ek het 'n (doktors/dokters)graad in biologie. My pa is 'n (dokter/doktor) by die hospitaal.
    Ek het 'n doktorsgraad in biologie. My pa is 'n dokter by die hospitaal.
  • Wat is fout met hierdie sin: "Ek sit stil op die bank:" sê Jannie.
    "Ek sit stil op die bank," sê Jannie. (komma)
  • Wat is die intensiewe vorm van lelik?
    skreeulelik
  • Wat is die gesegde in die sin: Hy skop die bal.
    Skop
  • Wat is die versamelnaam vir hondjies.
    werpsel hondjies
  • Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: nou
    toe
  • Wat is die onderwerp in hierdie sin: Die hoender word geëet deur die seun.
    Die seun
  • Wat beteken die idioom: Elke huis het sy kruis?
    Almal het maar probleme.
  • Noem 2 redes hoekom Suid-Afrika in die sin met 'n hoofletter geskryf word: Suid-Afrika is baie mooi.
    Begin van sin en naam van 'n plek.
  • Hoekom word see-oorlog met 'n koppelteken geskryf?
    Opeenhoping van vokale.
  • Spel enige woord met 10 letters.
    Enige gepaste woord.
  • Identifiseer die voorsetsel in hierdie sin: Ek sit op die bank, want ek is moeg.
    op
  • Watter teken kort op hierdie woord: brue
    Kappie
  • Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: vandag
    daardie dag
  • Hoekom gebruik ons deeltekens in sekere woorde?
    Vorm 'n ekstra lettergreep.
  • Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
    Daar's 'n slang in die gras. Iets is fout/maak nie sin nie.
  • Wat is die meervoud van: skip
    skepe
  • Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
    Die koei is in die put. Dis te laat.
  • Spel die vergrotende trap van hoog.
    hoër
  • In watter tydsvorm is hierdie sin: Ek is slim.
    Teenwoordige tyd
  • Maak 4 verskillende sinne met die woord leer.
    Ek klim op die leer, Ek leer vir my toets. Die baadjie is van leer. Die kous het geleer.
  • Wat sal hierdie sin wees in die toekomende tyd: Ek het baie appels gehad.
    Ek sal baie appels hë.
  • Spel die woord ml.
    milliliter
  • Wat noem ek die volgende woorde: want, maar, omdat, daarom.
    Voegwoorde
  • Wat is fout in hierdie sin: Ek praat saam hom.
    Ek praat met hom.
  • Wat is die intensiewe vorm van lewendig?
    springlewendig
  • Wat is die trappe van vergelyking van goed?
    goed, beter, beste
  • Die woord diertjie is 'n verkleinwoord of 'n...
    afleiding
  • Wat beteken: Iemand heuning om die mond smeer.
    Jy vlei iemand.
  • Hy, sy, jy is voorbeelde van ...
    Voornaamwoorde
  • Wat beteken: Die appel val nie ver van die boom nie?
    HY/sy is nes sy ouers.
  • Wat is 'n leenwoord?
    Woord wat geleen is uit 'n ander taal soos pizza.
  • 'n Tipe teks met woorde wat rym.
    Gedig
  • Wat is verkeerd in hierdie sin: Ek het 'n groot persent gekry vir kersfees.
    present
  • Wanneer noem ons iemand 'n wysneus?
    Iemand wat altyd dink hulle weet beter.
  • Voltooi die vergelyking: So reguit soos 'n ...
    pyl
  • Gee 'n sinoniem vir vriend.
    maat
  • Wat is die teenoorgestelde geslag van: hofknapie
    blommemeisie
  • Hoeveel lettergrepe het die woord oninteressante?
    6
  • Wat is die Afrikaanse woord vir 'cinema'.
    fliekteater
  • Wanneer noem 'n mens iemand 'n padbuffel?
    Iemand wat ombeskof ry
  • Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: more
    die volgende dag
  • As jy 'n sin in die direkte rede skryf, watter tekens moet jy altyd onthou?
    Aanhalingstekens
  • Waarvoor staan die afkorting: VSA
    Verenigde State van Amerika
  • Daar is 'n slang in die gras. Hierdie sin is 'n voorbeeld van 'n ...
    Idioom
  • Watter tipe woord is 'vinnig' in die sin: Ek swem vinnig deur die water.
    Bywoord van wyse
  • 'n Tipe teks waar hul 'n ware storie vertel van 'n bekende persoon, maar daar is stertjies aangelas.
    Legende
  • Voeg 'n bywoord van plek by hierdie sin: Ek speel sokker.
    Ek speel sokker buite / Ek speel buite sokker.
  • Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
    Dit reën katte en honde. Dit reën baie hard.
  • Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
    Die koeël is deur die kerk. Dis te laat/verby.
  • 'n Boek wat geskryf word oor 'n bekende mens, word 'n ... genoem.
    biografie
  • Wat is fout met die volgende sin: Ek wil ook 'n fiets het.
    Ek wil ook 'n fiets hê.
  • Sinne met slegs een werkwoord, noem ons 'n ... sin.
    Enkelvoudige
  • Kies die korrekte woord: Ons (vier/vuur) vandag my verjaarsdag.
    vier
  • Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
    Die persoon sit op die draad. Hy wil nie kant kies nie.
  • Wat beteken: Ek moet die aap uit die mou laat.
    Ek moet 'n geheim verklap.
  • Goed, beter, beste is voorbeelde van ...
    Trappe van vergelyking
  • In watter tydsvorm is hierdie sin: Ek sal dit nog doen.
    Toekomstige tyd
  • Wat is fout met hierdie sin: Ek hou van appels pere en lemoene.
    Ek hou van appels, pere en lemoene.
  • Watter tipe sin is hierdie: Gaan sit!
    Bevelsin
  • Wanneer noem 'n mens iemand 'n boekwurm?
    Wanneer hulle graag lees.
  • Wat is die onderwerp in die sin: Die hoender kekkel heeldag.
    Die hoender
  • Wat is die versamelnaam vir 'n klomp voëls?
    swerm
  • Wat is die verskil tussen 'n bywoord en 'n byvoeglike naamwoord?
    Bywoord - werkwoord / byvoeglike naamwoord - selfstandige naamwoord
  • Wat beteken hierdie idioom?
    Dit is baie oud.
  • 'n Woord wat 'n werkwoord beskryf is 'n ...
    Bywoord
  • Wat is fout in hierdie sin: Want hy is slim.
    'n Mens begin nie 'n sin met want nie.
  • Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken die idioom?
    Jakkals trou met wolf se vrou. Dit reën terwyl die son skyn.
  • 'n Tipe teks waar hulle vir jou stap-vir-stap verduidelik wat om te doen.
    Instruksieteks