Edit Game
Afrikaans Graad 5
 Delete

Use commas to add multiple tags

 Private  Unlisted  Public




Delimiter between question and answer:

Tips:

  • No column headers.
  • Each line maps to a question.
  • If the delimiter is used in a question, the question should be surrounded by double quotes: "My, question","My, answer"
  • The first answer in the multiple choice question must be the correct answer.






 Save   131  Close
Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: nou
toe
Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: hier
daar
Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: vandag
daardie dag
Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: more
die volgende dag
Waarnatoe verander die woord in indirekte rede: gister
die vorige dag
Verander die volgende sin na indirekte rede: Sannie sê: "Ek het gister geswem by my vriend."
Sannie sê dat sy die vorige dag by haar vriend geswem het.
Wat is fout met hierdie sin: "Ek sit stil op die bank:" sê Jannie.
"Ek sit stil op die bank," sê Jannie. (komma)
Wat is fout met hierdie sin: Jannie vra, "Wat gaan aan?"
Jannie vra: "Wat gaan aan?" (dubbelpunt)
Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
Die koeël is deur die kerk. Dis te laat/verby.
Wat beteken hierdie idioom?
Dit is baie oud.
Wat beteken hierdie idioom?
Gou kwaad raak.
Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
So siek soos 'n hond. Baie siek wees.
Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
Die koei is in die put. Dis te laat.
Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
Dit reën katte en honde. Dit reën baie hard.
Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
Die persoon sit op die draad. Hy wil nie kant kies nie.
Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken dit?
Daar's 'n slang in die gras. Iets is fout/maak nie sin nie.
Watter idioom verteenwoordig hierdie prentjie en wat beteken die idioom?
Jakkals trou met wolf se vrou. Dit reën terwyl die son skyn.
Wat is die korrekte spelling vir China in Afrikaans?
Sjina
Wat is fout in hierdie sin: Ek gaan die beste dag ooit het.
Ek gaan die beste dag ooit hê.
Wat is die verskil tussen 'n bywoord en 'n byvoeglike naamwoord?
Bywoord - werkwoord / byvoeglike naamwoord - selfstandige naamwoord
Identifiseer die voorsetsel in hierdie sin: Ek sit op die bank, want ek is moeg.
op
Spel die vergrotende trap van hoog.
hoër
Voltooi die vergelyking: So dun soos 'n ...
plank
Voltooi die vergelyking: So warm soos 'n ...
vuur
Voltooi die vergelyking: So reguit soos 'n ...
pyl
Wat beteken die idioom: Elke huis het sy kruis?
Almal het maar probleme.
Spel die woord ml.
milliliter
Spel enige woord met 10 letters.
Enige gepaste woord.
Wanneer noem ons iemand 'n wysneus?
Iemand wat altyd dink hulle weet beter.
Wanneer noem ons iemand 'n babbelkous?
As iemand baie praat.
Wanneer noem 'n mens iemand 'n padbuffel?
Iemand wat ombeskof ry
Wanneer noem 'n mens iemand 'n boekwurm?
Wanneer hulle graag lees.
Wat is 'n 'waitress' in Afrikaans?
kelnerin
Wat is verkeerd in hierdie sin: Ek het 'n groot persent gekry vir kersfees.
present
Watter tipe sin is hierdie: Ek is vinnig.
Stelsin
Spel die Afrikaanse woord vir 'champagne'?
sjampanje
Wat is die mooi Afrikaanse woord vir 'chips'?
aartappelskyfies
Wat is 'hide and seek' in Afrikaans?
wegkruipertjie
Wat is die Afrikaanse woord vir 'cinema'.
fliekteater
Maak twee sinne met die woord kus.
Ons bly langs die kus. Die meisie kus die seun.
Gee die antoniem vir 'krom'.
reguit
Voeg 'n bywoord van plek by hierdie sin: Ek speel sokker.
Ek speel sokker buite / Ek speel buite sokker.
Maak twee sinne met die woord 'storm'.
Jy storm op my af. Daar is 'n storm daar buite.
Kies die korrekte spelling: Ek het 'n (doktors/dokters)graad in biologie. My pa is 'n (dokter/doktor) by die hospitaal.
Ek het 'n doktorsgraad in biologie. My pa is 'n dokter by die hospitaal.
Spel die woord 'krokkidil' korrek.
krokodil
Kies die korrekte woord: Ons (vier/vuur) vandag my verjaarsdag.
vier
Spel die verkleinwoord van 'man'.
mannetjie
Wat sal hierdie sin wees in die toekomende tyd: Ek het baie appels gehad.
Ek sal baie appels hë.
Wat is fout met hierdie sin: Ek hou van appels pere en lemoene.
Ek hou van appels, pere en lemoene.
Wat is 'n leenwoord?
Woord wat geleen is uit 'n ander taal soos pizza.
Watter tipe woord is 'met' in hierdie sin: Ons gaan saam met julle.
voorsetsel
Spel die woord 'intirisant' korrek.
interessant
Spel die verkleinwoord van horing.
horinkie
Gee 'n voorbeeld van klanknabootsing in 'n sin.
Enige gepaste voorbeeld.
Wat noem ek 'n boek wat geskryf is deur 'n bekende persoon oor sy eie lewe?
Autobiografie
Watter tipe woord is 'vinnig' in die sin: Ek swem vinnig deur die water.
Bywoord van wyse
Wat is die antoniem van terneergedruk?
Vrolik
Noem 2 redes hoekom Suid-Afrika in die sin met 'n hoofletter geskryf word: Suid-Afrika is baie mooi.
Begin van sin en naam van 'n plek.
Wat is fout met die volgende sin: Ek wil ook 'n fiets het.
Ek wil ook 'n fiets hê.
Maak 4 verskillende sinne met die woord leer.
Ek klim op die leer, Ek leer vir my toets. Die baadjie is van leer. Die kous het geleer.
Waarvoor staan die afkorting: SAPD
Suid-Afrikaanse Polisie Diens
Waarvoor staan die afkorting: VSA
Verenigde State van Amerika
Hoekom gebruik ons deeltekens in sekere woorde?
Vorm 'n ekstra lettergreep.
Wat is die verkleinwoord van: vrugteslaai
vrugteslaaitjie
Wat is die onderwerp in hierdie sin: Die hoender word geëet deur die seun.
Die seun
Wat is fout in hierdie sin: Het jy die tjips in die yskas gebere?
gebêre
Hoeveel lettergrepe het die woord oninteressante?
6
Hoekom word see-oorlog met 'n koppelteken geskryf?
Opeenhoping van vokale.
Hoekom word Suid-Afrika met 'n koppelteken geskryf?
Dit bevat 'n rigting en 'n plek se naam.
Hoeveel lettergrep het die woord: klanknabootsing
4
Wat beteken: Daar's 'n slang in die gras.
Daar is iets fout.
Wat beteken: Die oortjies van die seekoei?
Dis net 'n gedeelte van die waarheid.
Die woord diertjie is 'n verkleinwoord of 'n...
afleiding
Vorm 'n samestelling met die woorde dier en geluid.
dieregeluid
Gee 'n sinoniem vir groot.
Enorm
Gee 'n sinoniem vir vriend.
maat
Wat is die versamelnaam vir hondjies.
werpsel hondjies
Wat is die intensiewe vorm van maer?
brandmaer
Wat is verkeerd in hierdie sin? Jannie is stok doof.
Stokdoof is een woord.
Wat is die intensiewe vorm van lewendig?
springlewendig
Wat beteken: Iemand heuning om die mond smeer.
Jy vlei iemand.
Gee 4 woorde wat rym met kas.
matras, pas, bas, kwas, las, enige ander rymwoord.
Noem die 3 tipes bywoorde.
Bywoord van tyd, wyse en plek
Wat is die trappe van vergelyking vir baie?
baie, meer, die meeste
Wat is die trappe van vergelyking van goed?
goed, beter, beste
Wat beteken: Die appel val nie ver van die boom nie?
HY/sy is nes sy ouers.
Wat beteken: Ek moet die aap uit die mou laat.
Ek moet 'n geheim verklap.
Wat is die versamelnaam vir 'n klomp voëls?
swerm
Wat is fout in hierdie sin: Want hy is slim.
'n Mens begin nie 'n sin met want nie.
Wat is fout in hierdie sin: Ek praat saam hom.
Ek praat met hom.
Wat is die meervoud van kas?
kaste
Wat is die intensiewe vorm van lelik?
skreeulelik
Hy, sy, jy is voorbeelde van ...
Voornaamwoorde
'n Swerm bye is 'n ...
Versamelnaam
In watter tydsvorm is hierdie sin: Ek is slim.
Teenwoordige tyd
In watter tydsvorm is hierdie sin: Ek sal dit nog doen.
Toekomstige tyd
Watter tipe woord is: derde
Telwoord
Wat is 'n soortnaam?
Iets waaraan jy kan vat of sien.
Wat noem ek die laaste paragraaf van 'n opstel?
Slot
Klasonderwyser is 'n voorbeeld van 'n ...
Samestelling
Wat is die teenoorgestelde geslag van: hofknapie
blommemeisie
Wat is die meervoud van: skip
skepe
Hoeveel lettergrepe het hierdie woord: klasonderwyseres
6
Watter teken kort op hierdie woord: brue
Kappie
Goed, beter, beste is voorbeelde van ...
Trappe van vergelyking
Grasgroen, bloedrooi is voorbeelde van ...
Intensiewe vorme
Wat is die voorwerp in die sin: Die hoender kekkel vir die hond.
die hond
Wat is die onderwerp in die sin: Die hoender kekkel heeldag.
Die hoender
Wat is die gesegde in die sin: Hy skop die bal.
Skop
Daar is 'n slang in die gras. Hierdie sin is 'n voorbeeld van 'n ...
Idioom
Sinne met slegs een werkwoord, noem ons 'n ... sin.
Enkelvoudige
'n Boek wat geskryf word oor 'n bekende mens, word 'n ... genoem.
biografie
Name van mense en plekke is 'n ...
Selfstandige naamwoord of 'n Eienaam
'n Woord wat 'n werkwoord beskryf is 'n ...
Bywoord
'n Woord wat 'n selfstandige naamwoord beskryf is 'n ...
Byvoeglike naamwoord
Watter tipe sin is hierdie: Eina!
Uitroepsin
Watter tipe sin is hierdie: Wat maak jy?
Vraagsin
Watter tipe sin is hierdie: Gaan sit!
Bevelsin
Woorde wat dieselfde klink, maar verskillend gespel word.
Homofoon
Woorde wat meer as een betekenis het.
Homoniem
Woorde met dieselfde betekenis.
Sinoniem
Woorde met teenoorgestelde betekenisse.
Antoniem
'n Woord met 'n voor- of agtervoegsel word 'n ... genoem.
afleiding
Wat noem ek die teken in hierdie woord: foto's
Afkappingsteken
As jy 'n sin in die direkte rede skryf, watter tekens moet jy altyd onthou?
Aanhalingstekens
Wat noem ek die volgende woorde: want, maar, omdat, daarom.
Voegwoorde
Wat noem ek die kolletjies op die e van die woord: reën
Deeltekens
Wat noem ek die strepie in hierdie woord: sit-sit
Koppelteken
'n Tipe teks waar hul 'n ware storie vertel van 'n bekende persoon, maar daar is stertjies aangelas.
Legende
'n Tipe teks waar hulle vir jou stap-vir-stap verduidelik wat om te doen.
Instruksieteks
'n Tipe teks met woorde wat rym.
Gedig